Tuesday, August 7, 2012

Bedanking


BEDANKING

 

Heil sommer die leser ook.


 

Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n 8 jarige
  te aanvaar.



 
Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is.


   Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel.
 

Ek wil weer dink dat Smarties 
  beter as geld is want jy kan die goed eet.
 

Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom 
met 'n grassie innie kies.
 

Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was, jou kennis beperk was tot 
kl eu re , maal en deel tafels en Siembamba  
Dit het jou nie getraak dat jy nie geweet het wat jy nie geweet het nie, so what ! Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees  want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worry soos vrypuisies byvoorbeeld.
 

Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is.

 

Ek wil weer
glo dat enigiets moontlik is.
 

Ek wil salig onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe
 soos gekleurde popcorn.
 

Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie,
 berge papierwerk, nuus wat depress nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge,  
skinder, siektes, en die verlies van geliefdes.
 

Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag,
 drukkies, 'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak.

 

So . .. hier is my tjekboek en my motorsleutels, my krediet kaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk.

 

Ek bedank offisiëel as volwassene.

 

As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want........


 


....." Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!!
 "  



 

 

Kom ons  word weer soos kinders want dis tog aan hulle wat die Koninkryk
van God behoort, Die eenvoudige dinge in die lewe is baie keer die kosbaarhede wat ons op ons oudag sal onthou.
 

'n Lekker druk van my af .
 


 

Ek hoop jy val langs my in !


 

Stuur aan iemand wat jy glo is braaf genoeg om te kan sê: " Ek leef in oorvloed...... I have family in High Places ! "

No comments:

Post a Comment