Tuesday, August 7, 2012

Hallo


Hallo




Ek wil graag iets wat die naweek met my gebeur het met julle deel en dit het te doen met drink en bestuur.

Pas afgelope Saterdag met die rugby het ons bietjie gekuier by die parkeerarea en na die tyd, is 'n paar van ons Dros toe. En soos dit is, het ons "way too many" brannewyne en shooters gedrink. En met die wete dat ek ver oor die limiet was het ek besluit om 'n bus huis toe te vat - iets wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie.

Ek het veilig en sonder enige insidente by die huis uitgekom en was baie verras en verbaas aangesien ek nog nooit voorheen 'n bus bestuur het nie.

Groete


No comments:

Post a Comment