Thursday, August 16, 2012

Moenie met 'n verpleegster mors nie


'n Diknek minister word opgeneem in die hospitaal.
Hy moet 'n paar dae bly vir waarneming.  Hy het 'n klein probleempie.
Hy is egter 'n yslike pyn in die nek vir die verpleegspan.  Hy gebied
hulle rond en bont soos wat hy doen met sy eie personeel in sy
kantoor.  Gou wil niemand meer iets met hom te doen he nie.

Die afdeling se stafverpleegster was die enigste een
wat hom kon vasvat..  Sy kom die kamer binne en kondig sonder
seremonie aan: "Ek moet jou koors neem."  Nadat hy verskeie minute
beswaar gemaak het, kalmeer hy, vou sy arms  en maak sy mond wyd oop.

"Ek is jammer," sedie stafverpleegster, "die keer
kan ek nie die orale termometer gebruik nie."

Die minister begin met die volgende rondte besware,
maar eindelik draai hy onwillig op sy sy en trek die beddegoed
beswaard van sy bas af.

"Nee," se diestafverpleegster, "hande viervoet met
jou boude in die lug."

Onwillig luister die minister maar.

Hy voel hoe gly die KY-Gel gesmeerde termometer in
sy onnoemlike in en met warm ore hoor hy die stafverpleegster vertel:
"Ek moet net gou iets gaan haal.  Jy moet nou net so DOODSTIL STAAN
totdat ek terugkom. Moenie roer nie."

Sy stap vinnig uit en los die deur agter haar oop
met die minister wat stert omhoog op die bed is.  Hy hoor mense lag as
hulle by sy deur verby die gang afstap en hy swets onderlangs.

Na ongeveer dertig minute kom die minister se dokter
die kamer binne.

"Wat op aarde gaan hier aan?" vra hy uit die veld
geslaan, terwyl hy sluk om nie kliphard te lag nie.  
Boos om so lank
met sy kale bas langs die oop deur te le, antwoord die minister:

"Wat makeer jou, dokter? Het jy nog nooit gesien hoe
'n mens se koors geneem word nie?"

Na 'n lang ruk erken die dokter:"Ja, maar nog nooit
met 'n angelier nie."


No comments:

Post a Comment