Wednesday, July 4, 2012

Boeta


Boeta is op universiteit en ontmoet 'n girl wat hy graag aan sy ma-hulle op die plaas wil gaan voorstel. Boeta is biejtie skamerig vir hoe dinge op die
plaas is en skryf toe vir sy pa 'n brief van 'n paar dingetjies wat hulle asseblief tog net moet regstel voor hulle gaan kuier.

"Daar is drie dinge wat pa-hulle tog moet regsien voor ek vir Sannie plaas toe kan vat. Boela is al baie oud en blind en vol vlooie en hy stink. Julle
moet asseblief vir Boela uitsit.

 

Dan, daai buite-toilet moet julle asseblief afbreek. Dit is nou die moderne tyd. Mense het deesdae badkamers met toilette binne-in die huis.

 

En die laaste ding - daai foto in die voorhuis van waar pa sit en ma staan moet julle asseblief verwyder. Deesdae staan die man en die vrou sit wanneer fotos geneem word."

 


Die pa stuur toe die volgende brief terug:

"Boeta, toe jy vyf jaar oud was, toe val jy in die dam en Boela het jou gered. So Boela bly.

 

Dan, daai buite-toilet is waar ek elke oggend gaan sit en na die boerdery kyk en planne maak en dit is wat jou op die universiteithou. So die buite-toilet bly.

 
En laastens. Daai foto van waar pa sit en ma staan is op ons honeymoon geneem. Pa kon nie staan nie en ma kon nie sit nie en dis waar jy vanaf kom" PUNT

No comments:

Post a Comment