Wednesday, July 4, 2012

Somerklasse vir Mans

SOMERKLASSE VIR MANS

Registrasie sluit op 10 Oktober 2010
Let wel: Weens die moeilikheidsgraad, word klasgroottes tot
maksimum agt deelnemers beperk.

KLAS 1
:
Hoe om ysblokkiehouers vol te maak.

Stap-vir-stap met 'n skyfievertoning.
Maandae en Woensdae, 19:00 tot 21:00 vir vier weke.


KLAS 2
:
Die rol toiletpapier - Ruil hy homself om?

Ronde tafel bespreking. Saterdae 12:00 tot 14:00 vir twee weke.

KLAS 3
:
Is dit moontlik om te urineer deur die sitplek op te lig
en die vloer, mure en bad te vermy?
Groepoefening. Saterdae 10:00 tot 12:00 vir twee weke.


KLAS 4
:
Fundamentele verskille tussen die wasgoedmandjie en die vloer.
 Met foto-illustrasie en verklarende grafika.
Saterdae 14:00 tot 16:00 vir drie weke.

KLAS 5
:
Aandete-skottelgoed - Kan hulle opstyg en self in die opwasbak beland?
Video-voorbeelde ter illustrasie.

Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 21:00 vir vier weke.


KLAS 6
:
Leer hoe om goed te vind deur op die regte plekke te kyk
sonder om die huis om te keer en te skree.
Oop forum. Maandae 20:00 tot 22:00.

KLAS 7
:
Hoekom dit nie sleg vir jou gesondheid is as jy vir haar blomme koop nie.

Grafika en klankkasette. Drie aande: Maandag, Woensdag, Vrydag
van 19:00 tot 21:00.


KLAS 8
:
Ware mans vra aanwysings as hulle verdwaal - Persoonlike getuienisse.

Dinsdae om 18:00. Lokaal sal later aangewys word.

KLAS 9
:
Is dit geneties moontlik om stil te sit terwyl sy parallel parkeer?

Bestuursimulasies. Saterdae 12:00 tot 14:00 vir vier weke.


KLAS 10
:
Hoe om die ideale Inkopie-gesel te wees.
 Ontspanningsoefeninge, meditasie en asemhalingsoefeninge.
Ontmoet Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 21:00 vir vier weke.

KLAS 11
:
Hoe om serebrale atropofie teen te werk - Onthou verjaarsdae, huweliksherdenkings en ander belangrike datums.
Sluit in: Hoe om te bel as jy laat is, Serebrale skokterapiesessies en volle lobotomiee in.

Drie aande: Maandae, Woensdae en Vrydae van 19:00 tot 21:00 vir vier weke
.

KLAS 12
:
Die stoof en oond - Wat dit is, waar dit is en hoe dit gebruik word.

Praktiese demonstrasies. Dinsdae om 18:00. Lokaal sal later bepaal word.

Diplomas sal aan die oorlewendes uitgedeel word !

No comments:

Post a Comment