Thursday, July 5, 2012

Wat is politiek?

Jannie wil van sy pa weet wat politiek is.

"Nou goed," seg sy pa. "Dis hoe dit werk: Ek verdien geld, dus is ek die kapitalis. Jou Ma administreer die geld wat ek inbring, dus is sy die regering. Jou ouma hou alles wat hier aangaan fyn dop, dus is sy die vak-unie. Ons huishulp is die werkersklas. Ons wil almal vir jou gelukkig hou, dus is jy die publiek. Jou kleinboet wat nog doeke dra en in 'n wiegie slaap, is die toekoms".


Die volgende oggend seg Jannie vir sy pa: "Ek het nou mooi gedink oor wat pa geseg het en na laasnag verstaan ek dit nou beter".


"Wat het dan laasnag gebeur?"


"Kleinboet het gehuil omdat sy doek vuil was. Ek het vir ma gaan roep, maar kon haar nie wakker kry nie. Toe besluit ek om die huishulp te roep. Sy en Pa was besig in haar bed. Ouma het by die venster gestaan en afloer. Ek het geroep, maar nie een van julle het my gehoor nie."


"Maar nou verstaan ek: Die kapitalis misbruik die werkersklas, terwyl die regering slaap. Die vak-unie kyk toe, maar doen niks daar omtrent nie. Die publiek word geignoreer, terwyl die toekoms in die kak is!"

No comments:

Post a Comment