Thursday, July 5, 2012

Die resessie eis sy tol

*Jan van Brakpan bel die tandarts*

*"More Dokter, wat kos dit om n tand te trek?"*
*"Die totale koste sal R285 wees"*
*"Blinde blixsem"! Hoekom so duur?"*
*"Ons moet eers konsulteer, dan n x-straal neem en dan kan ons eers
trek"*
*"Wat sal die prys wees as ons die konsultasie en die x-ray skip"*
*"Jong, dit bring n bietjie risiko mee maar sal die prys afbring na
R157"*
*"En as ons dit sonder verdowing doen?"*
*"Dit is nie gewone praktyk nie en gaan bitter seer wees maar sal n
verdere R20 goedkoper wees"*
*"Wat van as een van jou trainees die tand trek?"*
*"Ek kan dan nie professionaliteit waarborg nie maar dit sal die koste
verminder na R75"*
*"Nog beter, hoekom laat ons nie een van jou studente die tand trek
nie terwyl die ander studente toekyk as deel van hulle opleiding?"*
*"Dit sal goed wees vir die studente maar dit kan baie traumaties raak
vir die pasient. Sou ons hierdie roete gaan sal ek jou slegs R10 vra"*
*"Nou praat jy my taal my tjomma!! Kan ons dan n afspraak bevestig vir my vrou vir Dinsdag 9-uur?"*

No comments:

Post a Comment