Wednesday, July 4, 2012

Watse Breek?

"Meneer ek moet jou 'n kaartjie gee omdat jy te vinnig gery het" se die spietkop.
"Wat is jou naam?"
"Gerhard Steekbreek" antwoord die man.

"Moenie my koggel nie meneer!" se die spietkop dreigend.

"As jy my nie glo nie," se die man, "bel vir Sanlam, ek werk daar."

Die spietkop is dadelik op sy selfoon en skakel Sanlam. "Hoor hier mevrou," vra die spietkop, "het julle 'n Steekbreek daar?"

"Ag hene'tjie meneer!" antwoord die dame, "Ons het nie eers 'n teebreek hier nie, wat nog te sĂȘ van 'n steekbreek!"

No comments:

Post a Comment