Wednesday, July 4, 2012

Verlof Beplanning vir 2012

Verlof beplanning 2012:


1.    21 maart is Human Rights Day - Dis 'n Woensdag en 'n lekker midweek break, so moenie punte hierso mors nie


2.     6 April is Goeie Vrydag - Soos die naam tune, land dit op 'n Vrydag. Jy score 'n pislangnaweek - moenie mors hierso nie want Maandag, 9 April is Family Day.


3.     27 April is Freedom Day wat op 'n Vrydag val. Dinsdag 1 Mei is Werkersdag, so hier moet jy die Maandag af vat. Twee pislangnaweke in een maand! Fokken score!


4.     16 June is Youth Day - en dit val op 'n Saterdag. Dankie vir fokol, regering-se-ma-se-dinges!


5.     9 August is Nasionale Vrouedag wat op 'n Donderdag val. Jy vat daai Vrydag af en jy vat vir hom laag! Gaan sommer Oppikoppi toe ook. Dis sonde en dis fokken lekker.


6.     24 September is Nasionale Braaidag. Sommige mense noem dit Heritage Day. Sommige mense kan gaan kak. Hierdie outjie val op 'n Maandag, so moenie aan jou leave raak nie. Nog 'n langnaweek vir jou! Kap 'n draaitjie!


7.     16 Desember is Day of Reconciliation. Dit val op 'n Sondag en gevolglik (volgens wet) is Maandag die 17de dan 'n public holiday. Nog 'n langnaweek! Los jou leave in tact.


8.     25 Desember is dit krismis op 'n Dinsdag gevolg deur Boxing day op Woensdag die 26ste. Daai Maandag die 24ste? Jy fokken vat vir hom, pappie! Vat dan sommer ook Maandag die 31ste daarna, want Dinsdag is dit Nuwejaar. Nog 'n lekker lang slap enetjie.



BAIE BAIE BELANGRIK:


Hou jou verlof vir belangrike goed soos hangovers en see vakansies!


Groete

No comments:

Post a Comment