Liewe Pappa en Mamma,
Ons leier het gevra dat ons hier van die skoolkamp vir julle skryf, net ingeval julle die vloed op tv gesien het en bekommerd is oor ons.
Ons is OK.
Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel.
Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel.
Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal
op die berg besig om vir Jannie te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir
Jannie se ma hy is OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in
een vandaai redding helikopters gery. Dit was cool! Ons sou hom nooit in die
donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Juffrou het kwaad geword
vir Piet omdat hy gaan rondloop het sonder om vir iemand te sê. Piet sê hy het
haar gesê, maar dit was seker tydens die vuur, so sy het hom seker nie gehoor
nie. Het julle geweet dat as jy een van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan
ontplof hy? Die nat hout wou nie brand nie, maar een van die tente en party van
ons klere het. Jaco gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.
Ons kom Saterdag terug as Meneer Botha die bus kan
regmaak. Die ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg
is. Hy sê 'n mens moet verwag dat so 'n ou bus gereeld sal breek, dis seker
hoekom die skool nie versekering kan kry nie. Ons hou van die bus. Hy gee nie
om as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo op die dak of voorop
ry. Dit word warm binne in met 103 kinders. Hy het ons in die sleepwa laat ry
totdat die polisie ons gestop het en met hom gepraat het. Maar hy is 'n goeie
ou en 'n goeie drywer. Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer hom op die
bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot vragmotors wat boomstompe
wegry. Hy sê hy sal my môre ook leer.
Vanoggend het almal gaan swem, maar Meneer wou my en
Jan nie laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips, toe
gee hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker!
Party plekke is die water so diep na die vloed, daar
is bome onder die water! En meneer is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai
ander een verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom
nie veel pla nie.
Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp
kentekens gekry! Toe Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en
juffrou het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek en Jaco het
gekots, maar meneer sê dis seker net vrot hoender wat ons gister geëet het of
iets. Hy sê hy het ook baie keer siek geword van vrot kos toe hy in die tronk
was. Ek is bly hy is nou uit, want hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die
tronk was.
Wat is 'n pedofiel ?
Wat is 'n pedofiel ?
Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons
briewe te pos en dan wil meneer ook weer by die drankwinkel stop.
Moenie oor ons worry nie. Ons is OK.
Baai,
Pierre
Pierre
No comments:
Post a Comment