Wednesday, July 4, 2012

Die Jong Verkoopsman


'n Jong man uit die Vrystaat kom Johannesburg toe en gaan na een van daai "alles-onder-een-dak" winkels en soek vir werk. Die bestuurder vra hom, "Het jy enige ervaring met verkope?"

Ja se die mannetjie, "Ek het kunsmis by die koöperasie verkoop".

Die baas het van die jong man gehou en gee toe vir hom die werk. "Jy begin môre. Ek sal so teen sluitingstyd 'n draai kom maak om te sien hoe dinge gegaan het. "

Sy eerste dag was 'n bietjie rof maar hy het dit gemaak. Na die winkel gesluit het, kom maak die baas 'n draai op die winkelvloer.

"So, hoeveel klante het jy vandag gehad?"

Die jong man antwoord sonder om te huiwer, "Een. "

Die baas sê, "Net Een? Ons verkoopsmense hier hanteer 'n gemiddeld van 20 tot 30 klante op 'n dag. Hoeveel het die klant spandeer?"

"R461 387. 55" sê die jongman. "R461 387. 55?! wat die joos het jy aan hom verkoop?!"

"Wel, " sê die man, "Ek het eers 'n klein vishoek aan hom verkoop. Toe verkoop ek 'n medium grootte vishoek en uiteindelik 'n groot vishoek. Toe verkoop ek aan hom 'n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy sê toe by Sodwana aan die noordkus en ek sê toe vir hom dan gaan hy beslis 'n groter boot nodig hê en toe stap ons oor na die bootafdeling en verkoop ek aan hom 'n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordenjins. Hy sê toe vir my hy dink nie sy Toyota Corrola gaan die ding gesleep kry nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom 'n nuwe 4x4 Hilux Raider. "

Verstom vra die baas, "'n Ou kom hier in om 'n vishoek te koop en jy verkoop aan hom 'n boot en 'n bakkie?"

"Nee, hy was hier om 'n boks tampons vir sy vrou te koop toe sê ek vir hom, wel, jou naweek is in elk geval in sy moer in, jy kan maar net sowel gaan visvang. "

No comments:

Post a Comment