Thursday, July 5, 2012

Die Skokstok


Beste Koos 



Koos, ou maat, het ek op groot skaal aangejaag die keer!

Ek besluit toe MOS om vir Kotie op ons huweliksherdenking n  skokstok te koop om haarself mee te verdedig.   Ek kom een Saterdag af op 'n  model wat glo 100 000 volt uitspuug, maar met geen langtermyn effek op die persoon wie jy skok nie.  Hy werk met twee trippel A batterye wat hulle sommer in die boksie saamgee.

Dit sal MOS vir vroulief (wat niks van 'n rewolwer wil weet nie), darem 'n kans gee om weg te kom indien sy aangeval word.

Blink idee, n??

Lang storie kort, ek kom by die huis en laai die twee batterytjies.  Druk die knoppie . . . Niks. Hel, was ek nou teleurgesteld!

Haal toe maar die aanwysings uit en daar staan toe dat mens dit kan toets deur dit teen metaal oppervlakte te druk en as jy  DAN die knoppie druk, sal daar blou vonkie tussen die  twee vurke van die proter dans. So sal mens Dan weet of hy werk of nie.

Ek maak toe so. INDRUKWEKKEND! (Ek sal nog aan Kotie moet verduidelik waar daai twee swart merke op die yskas vandaan kom) n elk geval, ek en die kat is alleen by die huis en ek sit in my lazyboy die ding en ondersoek terwyl Toodles rustig toekyk.  Ek besluit toe om die ding op myself of die kat te toets. Watter skade kan twee ou trippel A batterytjies nou juis aanrig?  Ek het Toodles darem net vlugtig oorweeg. Ek kon my indink hoe sy sou spring as ek haar met die ding sou bykom! Tog, as ek wou seker wees Kotie is veilig met die ding, sou ek hom op 'n lewende wese moes toets. So sit ek daar in my PT broekie en T-hempie, my leesbril delikaat op die brug van my neus gebalanseer en met die skokstok in die een hand en die aanwysings in die ander.

Dit staan daar dat een sekonde skok net genoeg sal wees om die aanvaller effe deurmekaar te maak. 'n Twee sekonde sarsie sal 'n spierspasma en verlies van beheer oor die liggaam veroorsaak. Drie sekonde een sal mens glo soos vis op droë Grond laat rondflap.

Enigiets langer is glo net mors van die batterye.

Daar sit ek toe met Toodles wat my so aankyk asof sy wil se:  "Moenie dit doen nie."  Watwou, reken ek, een sekondetjie se skok kan MOS nie so erg wees nie. Met die sit ek woord by daad en druk ek die ding teen my binneboud vas en druk die knoppie.

MOEDER MARIA! WAPENS VAN MASSAVERNIETIGING! @!@$!%!@*!!!

Ek is redelik seker Jan Wilkens of Os Du Randt (of albei) het Ingestorm en my uit die lazyboy gepluk en teen die vloer neer gemoer. Oor en oor en oor!

Ek onthou vaagweg ek het wakker geword, inmekaar gekrul op die vloer soos 'n ongebore baba.

Al twee my tepels was aan die brand. My lyf was papnat gesweet en my  klokke was skoonveld. My linkerarm was onder my lyf vasgepen en my bene het soos riete gebewe.

As 'n mens mal genoeg is om jouself te wil skok: daar is nie 'n ding soos 'n een sekonde skok nie. Jy sal daardie proter nie laat los alvorens hy uit jou hand geruk word deur jou lyf wat heen en weer op die grond rond ruk en rol nie.

Na so 'n minuut of wat (tyd was baie relatief) het ek stadig orent gekom en die skade rondom my betrag. My gebuigde leesbril was nou bo-op die TV kas , my triseps, regterdy en my tepels het steeds onbeheersd gespring. My gesig was verdoof soos by die tandarts en my onderste lip het gevoel of hy 30 kg weeg.

Toodles, die kat, en my eiers is steeds weg.

Jou geskokte vriend

No comments:

Post a Comment