Dis Augustus in 'n dorpie in die klein
karoo.
Dis droog, warm en die dorpie lyk
verlate. Dit is 'n moeilike tyd, almal is in die skuld en leef op krediet.
Skielik daag daar 'n ryk toeris op. Hy
stap die enigste hotel binne en sit 'n R100 noot op die ontvangstoonbank neer
en gaan met die trappe op om 'n kamer te gaan kies.
Die hotelbaas vat die R100 noot en
haas hom na die slagter om sy skuld te gaan betaal.
Die slagter neem die noot en gaan
betaal sy skuld by die varkboer
Die boer haas hom om met dieselfde
noot sy skuld by sy verskaffer te vereffen.
Die hardloop gou en maak sy rekening
skoon by die dorp se prostituut, wat in die moeilike tye selfs haar dienste op
krediet aanbied.
Die vrou van die nag haas haar om haar
rekening by die hotelbaas te betaal, waar sy gewoonlik 'n kamer huur om haar
werk te doen.
Die hotelbaas vat die R100 en plaas
dit terug op die toonbank.
Net toe kom die ryk toeris terug, neem
die noot omdat hy nie met een van die kamers tevrede is nie, en verlaat die
dorp.
Niemand het enigiets verdien nie, maar die hele
dorp is nou sonder skuld!
No comments:
Post a Comment