Wednesday, July 4, 2012

Om te poep (deur Almor McQuire


O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk



Ek kan nie meer sit nie  my maag wil werk



Die dominee praat lank en die son sit laag



Die vreeslikste pyne  kruip rond in my maag







Eers word ek warm, en dan weer koud



Nog nooit in my lewe was ek al so benoud



Dominee, Dominee  praat tog klaar



My rug trek krom die gort is gaar







Dit knal en  dit kraak en my derms kreun



Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun



Die mense kyk  om en ek bloos my bloedrooi



Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.







Die dominee bly stil sy oe omgedop



Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar  kop



Kort agter die hakke van die stereo klank



Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike  stank







Party begin te hoes, en ander te proes



Ander weer waai  met sakdoeke woes



My oe traan, my kop die sak



Toe kom die  vrees dat ek in my broek sal kak







Sowaar as wragtig net  die volgende keer



Is dit toe presies wat moes gebeur



Ek dag dis 'n poep want  die drukking is kwaai



Te laat besef ek dis 'n ander lawaai







Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm



Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm



Die dominee bly stil en gluur my aan



'n ouderling begin woedend sy weg na my baan







My broek is nat en die pype staan wyd



so het ek  my laas as kind beskyt



My maag is so seer, my bene die knak



Ek het so wragtig in my broek gekak







Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom



Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom







Een ding het ek van kerkgang geleer



As jou maag wil werk , sit naby die deur



En as jou derms begin draai en jou poephol  blom



Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.

No comments:

Post a Comment